Die jaarlikse Tuksreeks is afgehandel en PHS kan regtig met trots en tevredenheid terugkyk op vanjaar se kompetisie.
16 Skole uit die Noordvaal-area kom elke jaar in nege verskillende sporte teen mekaar te staan en ons kan met trots aankondig dat ons algeheel 5de in die reeks geëindig het. Ons posisie in die verlede was soos volg: 2011 – 11de, 2012 – 9de, 2013 – 7de en 2014 – 5de!
Die volgende individuele spanne het algeheel eerste geëindig: Die o.14A-dogtershokkiespan, die o.15A-dogtershokkiespan, die o.15B-dogtershokkiespan en die o.16B-rugbyspan.
Die 9 sporte se algehele posisies was soos volg:
Gholf eindig 1e vir die derde jaar agtermekaar, Netbal 2e, Muurbal 2e, Hokkie (D) 2e, Skaak 4e, Tennis 6e, Hokkie(S) 9e, Landloop 9e, Rugby 10e.
Ons opregte dank en gelukwense aan al die spelers en afrigters. Die moeite en tandekners het goeie vrugte afgewerp.
Ons hoof, mnr Willie Schoeman, het soos volg gereageer: “Toe ek ‘n paar jaar gelede as hoof by PHS oorgeneem het, het ons die doelwit gestel dat PHS ten minste onder die top 5 skole in die Tuks-reeks moes eindig. Dan kan ons onsself, ook op die sportveld, as ‘n gerekende skool beskou. Ons was op daardie stadium in die 12e plek. Dit was dus ‘n paar jaar se harde werk, baie toewyding en ondersteuning deur afrigters, spelers en ouers om uiteindelik dié doelwit te bereik. Ek wil graag baie dankie sê vir almal wat hard gewerk het om dié uitstekende prestasie te bereik. PHS is bekend daarvoor dat ons groot gaan in alles wat ons aanpak. Dit geld nou ook vir die sportvelde van Limpopo en die res van die Noordvaal-area.”