
PHS se Pietieraad vir 2023/2024 word gelei deur die hoofleiers, Nicolas Oerlemans en Lara van Staden. Die Pietieraadslede word verdeel in 5 komitees naamlik, Akademie, Sport, Kultuur, Religie en Sosiaal. Regdeur die jaar is hierdie komitees verantwoordelik vir vele aktiwiteite en gebeure wat gereël word deur elke komitee se voorsitters en lede.
