Die nuwe Graad 8 – leerders betower jaarliks die skool met ‘n vertoning uit die boonste rakke! Die vertoning word van begin tot einde deur die Senior VLR aanmekaargesit.
Tydens die eerste week van skool oefen die groepe kliphard om ‘n goeie vertoning aanmekaar te sit sodat hulle in week twee ‘n suksesvolle “Aand van die sterretjies” vir die skool se leerders, personeel en ouers kan opvoer.