PHS beskik oor drie koshuise wat ten volle funksioneer en op ‘n hoëvlak bedryf word, naamlik Voorwaarts Seunskoshuis, Ons Hoop Dogterskoshuis en Die Anker Seunskoshuis.

Die Koshuis huisves leerders van reg oor Limpopo Provinsie.

Tesame met ‘n heerlike huislike atmosfeer, word leerders ook blootgestel aan topgehalte akademie, sport en kultuur.

Die seniorseuns word in Voorwaarts Seunskoshuis gehuisves saam hul 2025 hoofseun, Elardus Erasmus, terwyl die juniorseuns hulle plekkie vind in Die Anker Seunskoshuis saam hul eie hoofseun, Jannes van der Goot. Tesame word hierdie seuns gelei deur hul koshuisvaders, Mnr. Colin Fouché en Mnr. Hendrik Malan.

Die dogters druk hul eie stempel af in Ons Hoop Dogterskoshuis saam met hulle koshuismoeder Me. Linki Roodt en 2025 koshuis hoofmeisie Isabella Baker en onderhoofmeisie Bennita Rheeder.

Die Koshuis fokus daarop om goeie dissipline by die leerders te kweek met hul vasgestelde roetines. Die leerders geniet wel ‘n gesonde sosiale lewe met verskeie sosiale aangeleenthede regdeur die jaar.

Hier word daar vir elke leerder ‘n plekkie gemaak waar hul tuis kan voel tussen vriende.

PHS Koshuisraad 2025

Voorwaarts-Senior Seuns

-HENDRIK MALAN-

Die Anker-Junior Seuns

-COLIN FOUCHE-

Ons Hoop-
Dogters

-LINKI ROODT-

Koshuis navrae

Koshuishoof

Kontak gerus vir Mnr Corstiaan Vermaak.

Corstiaan Vermaak

Koshuis administrasie

Kontak gerus vir Mev Anneke Hough.

Anneke Hough

Koshuisgelde

Totale bedrag vir die jaar: R45 413.00

EENMALIG

Betaalbaar voor of op 28 Februarie 2025

  • Eenmalige bedrag – R44 278
  • (2.5% Korting) – R1 1 35.00

KWARTAALLIKS 

Vooruitbetaalbaar aan die BEGIN van elke kwartaal.

Graad 8-11:

  • 1ste Kwartaal: R13 624.00
  • 2 de Kwartaal: R13 624.00
  • 3 de Kwartaal: R13 624.00
  • 4 de Kwartaal: R4 541.00

Graad 12:

  • 1ste Kwartaal: R15 138.00
  • 2 de Kwartaal: R15 138.00
  • 3 de Kwartaal: R15 138.00
  • 4 de Kwartaal: –

MAANDELIKS

  • Graad 8 tot Graad 11 – R4 541.00 x 10 maande
  • Graad 12 – R5 046.00 x 9 maande

Koshuis terrein