WooCommerce is required for FooEvents. Please install and activate the latest version of WooCommerce.
The post PHS proe atletieksukses in 2016 appeared first on Pietersburg Hoërskool.
]]>PUK Top10 Atletiekbyeenkoms, Woensdag 17 Februarie 2016 te Pilditch Stadion in Pretoria
(Top 10 atlete van elke skool neem deel)
Ons bring 5 medaljes huis toe:
Goud Louise Schutte 400m Do.17
Silwer Zenobea Jewaskiewitz 200m
Alida du Preez 90mH
Marcelle de Jager Verspring
Brons Zenobea Jewaskiewitz 100m
Noorderlike Streek Interhoër, 19 Februarie 2016 te HS Frans du Toit, Phalaborwa
Ons ontvang die volgende toekennings:
Beste Senior dogter Baan Louise Schutte
Beste Junior Veld Brandon Cronjé
Victrix Ludorum Alida du Preez
Seuns wen hul afdeling algeheel, Dogters tweede
PHS wen algeheel vir die sesde agtereenvolgende jaar
Dirigente: Beste opkoms
Beste onvoorbereide lied
Beste seunsdirigent – Hein Pretorius

Amptelike verklaring
Na aanleiding van die chaos wat Woensdag, 11 Februarie 2015, by die cluster-atletiekbyeenkoms by die Peter Mokaba Stadion geheers het, verbind Hoërskool Pietersburg hom tot die volgende verklaring:
Agtergrond:
Nadat die kring-, cluster– en distrikbyeenkomste in die Capricorn Distrik verlede jaar reeds in soveel chaos gedompel was, het PHS drie amptelike vergaderings belê met die verteenwoordigers van LIMSA se kring-, cluster– en distrikkomitees. Verteenwoordigers van al die skole wat atlete na die byeenkomste stuur, het die vergaderings bygewoon.
Die skole het spesifiek versoek dat LIMSA sy beplanning reeds die vorige jaar doen en die skole betyds nader rondom die byeenkomste wat aangebied moet word. Skole benodig nagenoeg R22 000 om so ‘n byeenkoms aan te bied: Liability (R7250) + Sekuriteit (R3500) + Noodhulp (R3500) + stadionhuur (R2972) + kos vir beamptes (R5500). Uit die aard van die saak moet betyds daarvoor begroot word.
LIMSA het geen skole aan die einde van 2014 in dié verband gekontak nie en nie een van die skole het dus vir die byeenkomste begroot nie.
Die LIMSA-struktuur verwag die skole moet die byeenkomste aanbied, maar voorsien GEEN befondsing hiervoor nie. Omdat daar geen beplanning gedoen word nie, word skole wat noodwendig goeie fasiliteite het, genader om te help.
‘n Voorstel is gemaak om R20 per atleet te hef, asook dat elke betrokke skool ‘n bydrae moet maak, maar ‘n skool wat een van die byeenkomste aangebied het, sukkel nou nog om hul geld in te kry.
Verder skuif LIMSA die datums van die byeenkomste soos dit hulle pas, met die gevolg dat dit bots met amptelike verpligtinge wat die betrokke skole reeds in 2014 op hul kalenders aangebring het.
PHS onttrek van LIMSA-struktuur
Die optrede van SADOU (Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie) by die byeenkoms op 11 Februarie 2015, het die finale deurslag gegee tot Hoërskool Pietersburg se besluit om voortaan van alle LIMSA-bedrywighede te onttrek.
Dit is onaanvaarbaar dat ons atlete aan sulke chaos bloot gestel word.
Hoërskool Pietersburg verbind hom voortaan tot die LIMA-struktuur waar die atlete via ‘n klubstruktuur steeds vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe kan kwalifiseer. Verskeie ander skole in Suid-Afrika volg reeds hierdie, baie meer georganiseerde roete. Ons gaan ook moeite doen om ander skole aan te moedig om dieselfde stap te volg.
Ons vra al ons atlete en hul ouers om verskoning dat ons toegelaat het dat die atlete hierdeur moes gaan. Ons glo en vertrou dat die pad na die 2016-SA’s baie makliker sal wees.
Pietie-groete
Mnr Willie Schoeman (HOOF)

The post PHS proe atletieksukses in 2016 appeared first on Pietersburg Hoërskool.
]]>The post PHS in Top 5 van Tuks-reeks appeared first on Pietersburg Hoërskool.
]]>16 Skole uit die Noordvaal-area kom elke jaar in nege verskillende sporte teen mekaar te staan en ons kan met trots aankondig dat ons algeheel 5de in die reeks geëindig het. Ons posisie in die verlede was soos volg: 2011 – 11de, 2012 – 9de, 2013 – 7de en 2014 – 5de!
Die volgende individuele spanne het algeheel eerste geëindig: Die o.14A-dogtershokkiespan, die o.15A-dogtershokkiespan, die o.15B-dogtershokkiespan en die o.16B-rugbyspan.
Die 9 sporte se algehele posisies was soos volg:
Gholf eindig 1e vir die derde jaar agtermekaar, Netbal 2e, Muurbal 2e, Hokkie (D) 2e, Skaak 4e, Tennis 6e, Hokkie(S) 9e, Landloop 9e, Rugby 10e.
Ons opregte dank en gelukwense aan al die spelers en afrigters. Die moeite en tandekners het goeie vrugte afgewerp.
Ons hoof, mnr Willie Schoeman, het soos volg gereageer: “Toe ek ‘n paar jaar gelede as hoof by PHS oorgeneem het, het ons die doelwit gestel dat PHS ten minste onder die top 5 skole in die Tuks-reeks moes eindig. Dan kan ons onsself, ook op die sportveld, as ‘n gerekende skool beskou. Ons was op daardie stadium in die 12e plek. Dit was dus ‘n paar jaar se harde werk, baie toewyding en ondersteuning deur afrigters, spelers en ouers om uiteindelik dié doelwit te bereik. Ek wil graag baie dankie sê vir almal wat hard gewerk het om dié uitstekende prestasie te bereik. PHS is bekend daarvoor dat ons groot gaan in alles wat ons aanpak. Dit geld nou ook vir die sportvelde van Limpopo en die res van die Noordvaal-area.”
The post PHS in Top 5 van Tuks-reeks appeared first on Pietersburg Hoërskool.
]]>