Welkom by Hoërskool Pietersburg se koshuis!
PHS beskik oor drie koshuise wat ten volle funksioneer en op ‘n hoë vlak bedryf word.
Die seniorseuns word in Voorwaarts Seunskoshuis gehuisves met leiding van hul koshuisvader Mnr. Hendrik Malan terwyl die juniorseuns hulle plekkie vind in Die Anker Seunskoshuis met hul eie koshuisvader Mnr. Andre van der Walt. Die dogters druk hul stempel af in Ons Hoop Dogterskoshuis saam hulle koshuismoeder Me. Linki Roodt.
Die koshuise huisves leerders van reg oor die Limpopo Provinsie. Tesame met ‘n heerlike, huislike atmosfeer, word leerders by PHS blootgestel aan topgehalte akademie, sport en kultuur.
Die Koshuis se wenresep:
- Vasgestelde daaglikse roetine;
- Ferm dissipline;
- Gesonde sosiale lewe.
Mnr Corstiaan Vermaak is in 2022 aangestel as koshuishoof.
“Welkom by Voorwaarts. Hier waar ons jong seuns inkry en hul as jong mans in die wêreld instuur, toegerus met
ware-boere-maniere.”
-HENDRIK MALAN-
VOORWAARTS KOSHUISVADER
“By Ons Hoop Dogterskoshuis kry elke meisie die geleentheid om te groei waar hulle geplant word. Ons Hoop laat hulle toe om tot hul volle potensiaal te ontwikkel en om die wêreld vyf jaar later te kan aanpak as ware dames met finesse, goeie waardes en wat ‘n positiewe invloed op alles en almal kan hê.
Ons Hoop, ons hart!”
-LINKI ROODT-
ONS HOOP KOSHUISMOEDER
“By Die Anker werk ons aan die grondslag van jong manne, en bou ons aan seuns wat uitgeken word aan hul waardes, geloof en uitstaande kwaliteite. Ons werk wanneer daar gewerk moet word en ons lag en speel wanneer die tyd reg is.
By Die Anker word broederskap gevorm en lewenslange vriendskappe ge-‘ANKER’!”
-ANDRÉ VAN DER WALT-
DIE ANKER KOSHUISVADER
Header text
I am text block. Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.