PHS Fisioterapie

PHS het in 2019 ‘n fisioterapie praktyk geopen by die skool saam een van Polokwane se plaaslike praktyke, Anerett Grey en Fisioterapeute.

Die praktyk bied die geleentheid vir PHS leerders om behandeling te ontvang, sonder om die skool terrein te verlaat. Dit vergemaklik die proses vir ouers en verhoed dat enige onnodige akademiese tyd gemis word.

Die hoofdoel van die praktyk is om te verseker dat alle leerders by PHS enige vorm van sport beserings kan behandel voordat dit hul sport deelname beïnvloed.

Ontmoet die fisioterapeute

Anerett Grey

Anerett Grey is die eienaar van die Anerett Grey en Fisioterapeute praktyk en bied al vir jare ‘n diens aan Polokwane.

Sy het in 2019 haar fisioterapeute laat aansluit by PHS.

Anerett is al vir meer as XX jare in die beroep en geniet elke dag en sy uitdagings.

Haar grootste liefde is vir…

Nadine Meiring

Nadine Meiring is al vanaf 2018 deel van Anerett se span fisioterapeute.

Sy is self ‘n groot sportvrou en verstaan dat ‘n mens nie wil sport mis agv beserings nie, daarom geniet sy dit die meeste om die verskillende tipe beserings te behandel.

Sy is ook deel van die span fisioterapeute wat tydens rugby wedstryde ondersteuning bied aan spelers vanaf die kantlyn. Nadine meen dis uiters belangrik vir leerders om beserings so vroeg moontlik te behandel voordat dit groter en ernstiger word.

Afsprake

Hoe maak ek 'n afspraak?

Ouers gaan op die webblad in van www.phsphysio.co.za en maak ‘n bespreking daar in die periode wanneer u kind kan gaan.

Leerders ontvang ‘n blou briefie by ontvangs. Die graadvoog en betrokke personeel lid teken op die briefie wanneer die leerder ‘n periode mis.

Daarna word die briefie deur die fisioterapeut geteken.

Betalings opsies

  • Ouers skep ‘n profiel op die besprekings webblad waarop hulle die mediesefonds inligting vooraf laai.
  • Indien ouers nie regkom op die webblad nie, moet die leerder ‘n afskrif van die mediesefonds kaartjie saam neem tydens hulle afspaak.
  • Indien daar geen mediesefonds is nie, moet leerders kontant betaal vir die behandeling.

Leerders sal nie behandel word indien hulle nie die bogenoemde stappe volg nie.

Ons praktyk