WooCommerce is required for FooEvents. Please install and activate the latest version of WooCommerce.

Pieties, Author at Pietersburg Hoërskool https://pieties.co.za/author/pieties/ 'n Blink Toekoms Kry Hier Koers Fri, 18 Sep 2026 13:05:00 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=7.1.2 https://pieties.co.za/wp-content/uploads/2021/06/cropped-PHS-Site-icon-01-32x32.png Pieties, Author at Pietersburg Hoërskool https://pieties.co.za/author/pieties/ 32 32 208014896 PHS Prospektus https://pieties.co.za/phs-prospektus/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=phs-prospektus https://pieties.co.za/phs-prospektus/#comments Tue, 09 Jun 2015 11:13:09 +0000 http://pieties.co.za/?p=532 PHS Prospektus

The post PHS Prospektus appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
PHS Prospektus

The post PHS Prospektus appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/phs-prospektus/feed/ 6131 532
Kultuur https://pieties.co.za/kultuur-2013/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=kultuur-2013 https://pieties.co.za/kultuur-2013/#comments Fri, 05 Dec 2014 08:47:30 +0000 http://pieties.co.za/?p=305 KULTUUR Amika: Amika bestaan uit sewentien leerders wat a-capella optree – soms tot in ses verskillende stemgroepe.  Hulle neem deel aan die Tswane Youth Festival Sing It kompetisie, en die Limpopo Eisteddfodd. Koor: Onder leiding van me. Rita Erasmus en begeleier me. Ria Odendaal, is die koor uitgenooi na die ATKV Applous Finaal in Stellenbosch. ...

The post Kultuur appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
KULTUUR

Amika:

Amika bestaan uit sewentien leerders wat a-capella optree – soms tot in ses verskillende stemgroepe.  Hulle neem deel aan die Tswane Youth Festival Sing It kompetisie, en die Limpopo Eisteddfodd.

Koor:

Onder leiding van me. Rita Erasmus en begeleier me. Ria Odendaal, is die koor uitgenooi na die ATKV Applous Finaal in Stellenbosch.  Slegs vier dogterskore is vir hierdie gala-aand genooi.

WOW Spelfees:

Sewe leerders neem aan die einde van Oktober aan die Nasionale rondte by Stellenbosch deel.

Pietie Talentfees:

Die fees word elke twee jaar gehou.  Dit is ‘n geleentheid waar ons kinders hulle kultuurtalent uitleef.  Die voorprogrambestaan uit  sang- & spraakitems en die hoofprogram is ‘n dansproduksie.

Redenaars en Debat:

Redenaars:

PHS skryf weer ‘n vol span in vir die eerste rondte.  Nege juniors en nege seniors.

Spanredenaars:

Nege spanne neem in 2016 aan die Spraakgildefees by H/S Helpmekaar deel.  Al die spanne het uitstekend gevaar.  Die gr 10 span verower tydens die gala-aand ‘n tweede plek .

Radikale Redenaars:

Span en individueel:  die landswye finaal van die RRF het in Oktober 2015 plaasgevind.  Die graad 9-span het ‘n tweede plek

behaal.  In 2016 dring ses spanne deur na die landswye finaal op 14 Oktober.

Debat:

Nege spanne neem aan die eerste rondte van die ATKV-debatkompetisie deel.  Vier van die spanne het hulle debatuitdun gewen.

Van Huyssteen:

This is an orators competition to promote public speaking skills. Learners receive a picture and have to prepare within forty five minutes to speak without assistance from adults.

Skaak:

PHS eindig dertiende in die Tuksreeks skaaktoernooi.

Bloedskenk:

PHS ontvang vir die derde agtereenvolgende jaar die wisseltrofee vir die skool wat die meeste eenhede bloed in die Limpopo Provinsie geskenk het.

The post Kultuur appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/kultuur-2013/feed/ 9666 305
PHS proe atletieksukses in 2016 https://pieties.co.za/atletiek/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=atletiek https://pieties.co.za/atletiek/#comments Fri, 05 Dec 2014 08:45:54 +0000 http://pieties.co.za/?p=300 Uitslae: PUK Interhoër, Dinsdag 16 Februarie 2016 te Ruimsig Stadion in Roodepoort Ons wen Been 5 algeheel met 11 punte en skuif in 2017 op na Been 4 Ons ontvang die volgende toekennings: Beste Junior Dogter Baanatleet Marcelle de Jager Beste Junior Seun Baanatleet Jan-Hendrik Weyer Beste Senior Dogter Baanatleet Zenobea Jewaskiewitz Senior Victrix Ludorum...

The post PHS proe atletieksukses in 2016 appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
Uitslae:
PUK Interhoër, Dinsdag 16 Februarie 2016 te Ruimsig Stadion in Roodepoort
Ons wen Been 5 algeheel met 11 punte en skuif in 2017 op na Been 4
Ons ontvang die volgende toekennings:
Beste Junior Dogter Baanatleet Marcelle de Jager
Beste Junior Seun Baanatleet Jan-Hendrik Weyer
Beste Senior Dogter Baanatleet Zenobea Jewaskiewitz
Senior Victrix Ludorum Zenobea Jewaskiewitz

PUK Top10 Atletiekbyeenkoms, Woensdag 17 Februarie 2016 te Pilditch Stadion in Pretoria
(Top 10 atlete van elke skool neem deel)
Ons bring 5 medaljes huis toe:
Goud Louise Schutte 400m Do.17
Silwer Zenobea Jewaskiewitz 200m
Alida du Preez 90mH
Marcelle de Jager Verspring
Brons Zenobea Jewaskiewitz 100m

Noorderlike Streek Interhoër, 19 Februarie 2016 te HS Frans du Toit, Phalaborwa
Ons ontvang die volgende toekennings:
Beste Senior dogter Baan Louise Schutte
Beste Junior Veld Brandon Cronjé
Victrix Ludorum Alida du Preez
Seuns wen hul afdeling algeheel, Dogters tweede
PHS wen algeheel vir die sesde agtereenvolgende jaar
Dirigente: Beste opkoms
Beste onvoorbereide lied
Beste seunsdirigent – Hein Pretorius

 

Met slegs 168 leerders het PHS uitgestaan op die paviljoen
Met slegs 168 leerders het PHS uitgestaan op die paviljoen

 

Amptelike verklaring

Na aanleiding van die chaos wat Woensdag, 11 Februarie 2015, by die cluster-atletiekbyeenkoms by die Peter Mokaba Stadion geheers het, verbind Hoërskool Pietersburg hom tot die volgende verklaring:

Agtergrond:

Nadat die kring-, cluster– en distrikbyeenkomste in die Capricorn Distrik verlede jaar reeds in soveel chaos gedompel was, het PHS drie amptelike vergaderings belê met die verteenwoordigers van LIMSA se kring-, cluster– en distrikkomitees. Verteenwoordigers van al die skole wat atlete na die byeenkomste stuur, het die vergaderings bygewoon.

Die skole het spesifiek versoek dat LIMSA sy beplanning reeds die vorige jaar doen en die skole betyds nader rondom die byeenkomste wat aangebied moet word. Skole benodig nagenoeg R22 000 om so ‘n byeenkoms aan te bied: Liability (R7250) + Sekuriteit (R3500) + Noodhulp (R3500) + stadionhuur (R2972) + kos vir beamptes (R5500). Uit die aard van die saak moet betyds daarvoor begroot word.

LIMSA het geen skole aan die einde van 2014 in dié verband gekontak nie en nie een van die skole het dus vir die byeenkomste begroot nie.

Die LIMSA-struktuur verwag die skole moet die byeenkomste aanbied, maar voorsien GEEN befondsing hiervoor nie. Omdat daar geen beplanning gedoen word nie, word skole wat noodwendig goeie fasiliteite het, genader om te help.

‘n Voorstel is gemaak om R20 per atleet te hef, asook dat elke betrokke skool ‘n bydrae moet maak, maar ‘n skool wat een van die byeenkomste aangebied het, sukkel nou nog om hul geld in te kry.

Verder skuif LIMSA die datums van die byeenkomste soos dit hulle pas, met die gevolg dat dit bots met amptelike verpligtinge wat die betrokke skole reeds in 2014 op hul kalenders aangebring het.

PHS onttrek van LIMSA-struktuur

Die optrede van SADOU (Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie) by die byeenkoms op 11 Februarie 2015, het die finale deurslag gegee tot Hoërskool Pietersburg se besluit om voortaan van alle LIMSA-bedrywighede te onttrek.

Dit is onaanvaarbaar dat ons atlete aan sulke chaos bloot gestel word.

Hoërskool Pietersburg verbind hom voortaan tot die LIMA-struktuur waar die atlete via ‘n klubstruktuur steeds vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe kan kwalifiseer. Verskeie ander skole in Suid-Afrika volg reeds hierdie, baie meer georganiseerde roete. Ons gaan ook moeite doen om ander skole aan te moedig om dieselfde stap te volg.

Ons vra al ons atlete en hul ouers om verskoning dat ons toegelaat het dat die atlete hierdeur moes gaan. Ons glo en vertrou dat die pad na die 2016-SA’s baie makliker sal wees.

Pietie-groete

Mnr Willie Schoeman (HOOF)

 

The post PHS proe atletieksukses in 2016 appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/atletiek/feed/ 6584 300
Akademie: Top-matriekuitslae in 2016 https://pieties.co.za/akademie-top-matriekuitslae-in-2013/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=akademie-top-matriekuitslae-in-2013 https://pieties.co.za/akademie-top-matriekuitslae-in-2013/#comments Fri, 05 Dec 2014 08:44:35 +0000 http://pieties.co.za/?p=297 PHS se matriekpersoneel en die klas van 2016 mag met rede breëbors spog nadat dié groep vir uitstekende uitslae gesorg het. Die 250 matrikulante het ‘n fenominale 371 A-simbole aangeteken. Ro-ayne Geddes spog met 8 A’s en ‘n gemiddeld van 89,85%, terwyl Marli de Lange 7 A’s behaal het, maar met ‘n gemidded van 93,5%....

The post Akademie: Top-matriekuitslae in 2016 appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
PHS se matriekpersoneel en die klas van 2016 mag met rede breëbors spog nadat dié groep vir uitstekende uitslae gesorg het. Die 250 matrikulante het ‘n fenominale 371 A-simbole aangeteken.

Ro-ayne Geddes spog met 8 A’s en ‘n gemiddeld van 89,85%, terwyl Marli de Lange 7 A’s behaal het, maar met ‘n gemidded van 93,5%. Sewe leerders het elk 7 A’s behaal, en sewe leerders elke 6 A’s. Die groepgemiddeld is 64,9%, en 99,6% leerders kan ‘n graad- en diplomastudierigting volg.

Baie geluk aan al die leerders, personeel en ouers. Julle het gewys dat PHS wel die top-akademiese skool in Limpopo is.

 

12E GEDDES RO-AYNE (19).JPG12A - De Lange Marli

The post Akademie: Top-matriekuitslae in 2016 appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/akademie-top-matriekuitslae-in-2013/feed/ 10187 297
Akademie: Vakkeuses https://pieties.co.za/akademie-vakkeuses/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=akademie-vakkeuses https://pieties.co.za/akademie-vakkeuses/#comments Fri, 05 Dec 2014 08:38:25 +0000 http://pieties.co.za/?p=292 Vakkeuses vir 2014 VERPLIGTE LEERAREAS 1. TAAL, GELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE, 1STE EN 2DE TAAL (Afrikaans & Engels) 2. SOSIALE WETENSKAPPE (Geskiedenis & Geografie) 3. WISKUNDIGE GELETTERDHEID, WISKUNDE EN WISKUNDIGE WETENSKAPPE 4. NATUURWETENSKAPPE (Fisiese Wetenskap & Lewenswetenskap) 5. TEGNOLOGIE 6. EKONOMIESE- EN BESTUURWETENSKAPPE (Rekeningkunde & Besigheidstudies) 7. KUNS EN KULTUUR 8. LEWENSORIëNTERING   Leesvaardigheid (verpligtend) BYKOMENDE...

The post Akademie: Vakkeuses appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
Vakkeuses vir 2014

VERPLIGTE LEERAREAS

1. TAAL, GELETTERDHEID EN KOMMUNIKASIE, 1STE EN 2DE TAAL (Afrikaans & Engels)
2. SOSIALE WETENSKAPPE (Geskiedenis & Geografie)
3. WISKUNDIGE GELETTERDHEID, WISKUNDE EN WISKUNDIGE WETENSKAPPE
4. NATUURWETENSKAPPE (Fisiese Wetenskap & Lewenswetenskap)
5. TEGNOLOGIE
6. EKONOMIESE- EN BESTUURWETENSKAPPE (Rekeningkunde & Besigheidstudies)
7. KUNS EN KULTUUR
8. LEWENSORIëNTERING

 

Leesvaardigheid (verpligtend)

BYKOMENDE VAKKEUSE:

KIES EEN EN OMKRING DIE NOMMER

  1. TEGNIESE TEKENE (word Ingenieursgrafika en Ontwerp vanaf Graad 10)
  1. REKENAARVAARDIGHEDE
  1. GASVRYHEIDSTUDIES
  1. DRAMA

Gr10 tot Gr12

VIER VERPLIGTE VAKKE

GROEP

VELDE

VAKKE

A

AMPTELIKE TALE AFRIKAANS (Huistaal)                                (20G) X

ENGELS (Eerste Addisionele Taal)             (26G)

X
WISKUNDE WISKUNDE OF                                         (39W)
WISKUNDIGE GELETTERDHEID                  (39G)
MENSLIKE & SOSIALE STUDIE LEWENSORIëNTERING                              (35G) X

UNIVERSITEITSVRYSTELLINGSVAKKE: DRIE KEUSES UIT ONDERSTAANDE VAKKE

B1 BEDRYF-, HANDEL- & BESTUURSTUDIE REKENINGKUNDE                                      (70G)
BESIGHEIDSTUDIES                                  (72G)
EKONOMIE                                                (42G)
FISIESE, REKENAAR- EN LEWENSWETENSKAPPE LEWENSWETENSKAP (BIOLOGIE)               (30G)
FISIESE WETENSKAPPE (NAT/SKEI)            (3AG)
INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)                    (75I)
TEGNOLOGIE INGENIEURSGRAFIKA & ONTWERP            (6MT)
MENSLIKE EN SOSIALE STUDIE GESKIEDENIS                                            (46G)
GEOGRAFIE                                              (44G)

NIE UNIVERSITEITSVRYSTELLINGVAKKE

B2

DIENSTE GASVRYHEIDSTUDIES                               (80D)
TOERISME                                                (78G)
REKENAAR REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (RTT)                                                                (75R)

VIR UNIVERSITEITSVRYSTELLING

Uit Groep B2 kan SLEGS 2 van die 3 vakke gekies word, sodat die leerder steeds kwalifiseer vir Universiteitsvrystelling mits die leerder vir 4 vakke, uit groep A en B1 ‘n minimum van 50% behaal. (Vir Graaddoeleindes)

Vir Universiteitstoelating  MOET ‘n leerder ook bo 50% behaal vir Lewensoriëntering. (Vir Graaddoeleindes)

The post Akademie: Vakkeuses appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/akademie-vakkeuses/feed/ 9649 292
PHS – trots en tradisies oor 96 jaar https://pieties.co.za/phs-trots-en-tradisies-oor-93-jaar/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=phs-trots-en-tradisies-oor-93-jaar https://pieties.co.za/phs-trots-en-tradisies-oor-93-jaar/#comments Fri, 05 Dec 2014 08:35:50 +0000 http://pieties.co.za/?p=289 Met ‘n ryke geskiedenis van 94 jaar, is verskeie betekenisvolle tradisies by PHS gevestig. Die voortsetting van die tradisies word as prioriteit beskou en stel ‘n goeie voorbeeld aan ons leerders ten einde die waarde en betekenis van hierdie tradisies by hulle te vestig. Eerste span – rugbytrui Die trui is in 1937 ontwerp en...

The post PHS – trots en tradisies oor 96 jaar appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>

Met ‘n ryke geskiedenis van 94 jaar, is verskeie betekenisvolle tradisies by PHS gevestig. Die voortsetting van die tradisies word as prioriteit beskou en stel ‘n goeie voorbeeld aan ons leerders ten einde die waarde en betekenis van hierdie tradisies by hulle te vestig.

Eerste span – rugbytrui

Die trui is in 1937 ontwerp en word vir die afgelope 78 jaar onveranderd gebruik. Deur die jare het honderde rugbyseuns die voorreg gehad om die wittrui met die kenmerkende groen-, rooi- en bloustrepe oor die bors, oor die kop te trek. Ons vier Springbokke, Joe Kaminor, Adolf Malan, Victor Matfield en Deon Fourie (7’s) het ook die voorreg gesmaak.

Kardoesie

Dié sêrrie-kompetisie het sy ontstaan in 1968 gehad toe ‘n St9-leerling, Heila Genis, ‘n langbeenpop aan die skool geskenk het. Waar die vier koshuise en die dagleerlinge destyds om dié gewilde meisie meegeding het, loop dié kompetisie vandag ewe sterk tussen die huidige vyf grade.

Die tradisie wil dit hê dat Kardoesie in die kluis gebêre word tot voordat sy haar verskyning by die kompetisie maak. Die wengroep mag die volgende dag met haar op die terrein spog, waar sy gewoonlik deur een van die ander grade ontvoer word. Op ‘n dag maak sy weer haar verskyning en gaan terug kluis toe tot volgende jaar.

Kardoesie, PHS se amptelike simbool van kultuur, word verreweg as die gewildste tradisie beskou; jy is eenvoudig nie ‘n Pietie as jy nie ge-Kardoesie het nie.

Scottie

Daar is min skole in Suid-Afrika waar die hoofseun met sy eie ampsmotor kan spog. Scottie, ‘n 1954 Austin Morris, is deur die 2010-matrikulante aan die skool geskenk.

Die voorwaardes was duidelik:

Die Gr8’s moet op aandag staan as Scottie verby kom,

Scottie moet by al die amptelike funksies van die skool teenwoordig wees,

Die hoofseun en sy metgesel moet met Scottie na die matriekafskeid toe ry.

Dit is ook Scottie se voorreg om Kardoesie na haar groot aand aan te ry.

Scottie is PHS se amptelike simbool van tradisie

Poort na Kennis

PHS se simbool van akademie, die Poort na Kennis, word op die eerste skooldag van elke jaar, seremonieel geopen.

Die hoofleiers vra toestemming om die Poort binne te gaan, waarna die hoof die akademiese jaar as amptelik geopen verklaar.

Die Gr9 tot Gr12-leerders verkry dan toegang tot die vierkant vir die eerste opening van die jaar.

Na afloop van die Gr8’s se Aand van die Sterretjies-gala-aand, word hulle op dieselfde wyse toegang tot die skool verleen. Nadat hulle ‘n eed afgelê het, word hulle amptelik as Pieties verklaar.

Matriek-blok

Die matriekblok is in 2007 opgeknap kompleet met grasafdakkies, houtbankies en ‘n mini-amfiteater, toegerus met ‘n seremoniële posbus. Elke jaar op die matrieks se laaste skooldag, word die matriekblok amptelik aan die Gr11’s oorhandig, nadat die uittredende hoofleiers hul boodskappe aan die skool in die posbus gegooi het.

Die matrikulante stap dan vir die laaste keer na die vierkant, deur ‘n erewag wat die Gr11’s vir hulle vorm.

Die matriekblok word verreweg as “heilige grond” beskou en indien enige leerder uit Gr8 tot Gr11 daar gevang word, skryf die matrieks vir hom of haar ‘n gedig voor, wat tydens ‘n opening voor die hele skool voorgelees word.

Verder wat die posbus betref, het oud-Pieties wat die skool besoek, ook die voorreg om ‘n brief in te gooi. Die posbus gaan in 2021, wanneer PHS 100 jaar oud word, vir die eerste keer leeggemaak word.

Daar lê reeds briewe van Pieter Pieterse en Van Zyl Slabbert wat beide reeds oorlede is, asook van oud-Pieties soos minister Marthinus van Schalkwyk, Victor Matfield en Willem Roos (Stigter van Outsurance).

Storie-boom

Dié Wildevy boom, staan in die Gr11-blok en dien as die middelpunt van PHS se religie-aktiwiteite. Volgens oorlewering het die Storieboom sy naam te danke aan die feit dat hy so perfek soos ‘n boom uit ‘n storieboek lyk. Verder wil tradisie dit hê dat die matrieks elke jaar vir die Gr8’s stories onder die boom lees terwyl daar vir die Aand van die Sterretjies geoefen word.

The post PHS – trots en tradisies oor 96 jaar appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/phs-trots-en-tradisies-oor-93-jaar/feed/ 13773 289
PHS in Top 5 van Tuks-reeks https://pieties.co.za/phs-in-top-5-van-tuks-reeks/?utm_source=rss&utm_medium=rss&utm_campaign=phs-in-top-5-van-tuks-reeks https://pieties.co.za/phs-in-top-5-van-tuks-reeks/#comments Fri, 05 Dec 2014 06:38:26 +0000 http://pieties.co.za/?p=264 Die jaarlikse Tuksreeks is afgehandel en PHS kan regtig met trots en tevredenheid terugkyk op vanjaar se kompetisie. 16 Skole uit die Noordvaal-area kom elke jaar in nege verskillende sporte teen mekaar te staan en ons kan met trots aankondig dat ons algeheel 5de in die reeks geëindig het. Ons posisie in die verlede was...

The post PHS in Top 5 van Tuks-reeks appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
Die jaarlikse Tuksreeks is afgehandel en PHS kan regtig met trots en tevredenheid terugkyk op vanjaar se kompetisie.

16 Skole uit die Noordvaal-area kom elke jaar in nege verskillende sporte teen mekaar te staan en ons kan met trots aankondig dat ons algeheel 5de in die reeks geëindig het. Ons posisie in die verlede was soos volg: 2011 – 11de, 2012 – 9de, 2013 – 7de en 2014 – 5de!

Die volgende individuele spanne het algeheel eerste geëindig: Die o.14A-dogtershokkiespan, die o.15A-dogtershokkiespan, die o.15B-dogtershokkiespan en die o.16B-rugbyspan.

Die 9 sporte se algehele posisies was soos volg:

Gholf eindig 1e vir die derde jaar agtermekaar, Netbal 2e, Muurbal 2e, Hokkie (D) 2e, Skaak 4e, Tennis 6e, Hokkie(S) 9e, Landloop 9e, Rugby 10e.

Ons opregte dank en gelukwense aan al die spelers en afrigters. Die moeite en tandekners het goeie vrugte afgewerp.

Ons hoof, mnr Willie Schoeman, het soos volg gereageer: “Toe ek ‘n paar jaar gelede as hoof by PHS oorgeneem het, het ons die doelwit gestel dat PHS ten minste onder die top 5 skole in die Tuks-reeks moes eindig. Dan kan ons onsself, ook op die sportveld, as ‘n gerekende skool beskou. Ons was op daardie stadium in die 12e plek. Dit was dus ‘n paar jaar se harde werk, baie toewyding en ondersteuning deur afrigters, spelers en ouers om uiteindelik dié doelwit te bereik. Ek wil graag baie dankie sê vir almal wat hard gewerk het om dié uitstekende prestasie te bereik. PHS is bekend daarvoor dat ons groot gaan in alles wat ons aanpak. Dit geld nou ook vir die sportvelde van Limpopo en die res van die Noordvaal-area.”

The post PHS in Top 5 van Tuks-reeks appeared first on Pietersburg Hoërskool.

]]>
https://pieties.co.za/phs-in-top-5-van-tuks-reeks/feed/ 5865 264