•  
  •  

Luggeweerskiet

Na die fenomenale groei van die klub in 2013, word die prestasie voortgesit en wel ook verbeter in 2014. Twee skuts verwerf SANSSU Nasionale kleure en word gekies om SA in London te verteenwoordig waar hulle goud, drie silwer en ‘n brons medalje verower. Verskeie skuts behaal Limpopo kleure en verteenwoordig die provinsie by die SA-kampioenskap in Oktober. PHS-skuts skiet 34 goud, 22 silwer en 14 brons medaljes vir die jaar. Ons beplan om ‘n toegewyde afrigter vir 2015 te kry.

Sport Gallery