•  
  •  

Hokkie

Hokkie Dogters:

Die 0/14A, 0/15A&B spanne tree uit as Tuksreeks wenners en verwerf goue medaljes. Ons eerstespan kom derde en verwerf brons medaljes in die Tuksreeks. Ses spanne tree uit as Limpopo wenners. Die 0/16A&B spanne tree uit as naaswenners. Die A-spanne neem deel aan die Noordvaal reeks en die 0/14A’s tree uit as naaswenners en verwerf silwer medaljes. Die 0/15A’s behaal ‘n derde plek en verwerf brons medaljes. Die 0/16A’s behaal ‘n vierde plek.

Hokkie Seuns:

Die seuns het hierdie jaar ses spanne ingeskryf in die Limpopo liga, voorwaar ‘n prestasie. Die eerstespan het vir ‘n tweede keer
die ECHS-toernooi in Bloemfontein gewen en vyf spelers is verkies tot die toernooispan. Die twee afrigters van die span is ook van PHS. Seunshokkie het sukses behaal met deelname aan die Tuksreeks sowel as die Limpopo liga. Die 0/14 en eerstespanne het deelgeneem aan die Noordvaal kompetisie. Elf spelers verteenwoordig Limpopo in die streekspanne en nege by die Nasionale toernooi waarvan albei kapteins, PHS-leerders is.

Sport Gallery