•  
  •  
Sport 2016

Sport 2016

SPORT: PHS se eerste netbalspan eindig in 2016 algeheel 6de in SA!

SPORT:

Atletiek:

Die atletiekspan tree uit as Interhoër- en PUK Interhoër wenners.  PHS behaal ‘n gemiddelde punt van 870 punte op die ABSA tabel by die Top 10, asook vyf medaljes. Ses van ons atlete verwerf Limpopo kleure en neem aan die SA Atletiek-kampioenskappe deel.

Landloop:

Tydens 2016 eindig die landloop algeheel elfde in die Tuksreeks.  Tydens die Savannah Mall jeugdagaflos het PHS eerste en tweede geëindig. PHS is die kampioenspan vir die derde agtereenvolgende jaar. PHS is ook die algehele Interhoër wenners.

Boogskiet:

2016 was ‘n uiters suksesvolle boogskietjaar vir PHS.  Die span neem aan die ABO ligas deel,  asook aan SANAA binnehuise  ligas.

Verskeie skuts het individueel uitstekend presteer en Nasionale kleure verwerf.

Fietsry:

PHS se fietsryspan het gegroei van 10 ryers in 2015 tot ‘n gedugte span van 24 ryers in 2016.  PHS spog nou met hul eie fietsrywaentjie.

Gholf:

PHS gholf het weer aan verskeie kompetisies deelgeneem en van ons spelers behaal Limpopo provinsiale kleure.

Dogtershokkie:

Die 0/16A-span behaal tweede plek by die Tuksreeks sowel as Noordvaal.  Die tweedespan tree uit as Tuksreekswenners.  Die eerstespan, 0/14A & 0/15A behaal almal ‘n derde plek by die Tuksreeks.  Die 0/14A-span behaal ‘n vierde plek by Noordvaal.

 Seunshokkie:

Die 0/14-span is die Tuksreeks naaswenners.  Die 0/16 en eerstespanne is ligawenners terwyl die 0/14 en tweedespanne

naaswenners was.   PHS eindig algeheel vierde.  Een en twintig spelers word verkies tot die Limpopo-spanne. Verder is drie  spelers gekies vir die Uitnodigingspan wat na Nederland getoer het.

Jukskei:

Die 0/16A dogterspan is Limpopo Ligawenners asook naaswenners by die Direkteurs-toernooi.  Vier leerders het Limpopo kleure verwerf en Pieter-Jan Gouws is verkies tot die Nasionale span wat in Namibië deelgeneem het.

Dogterskrieket:

Die dogters speel in die Limpopo liga en eindig vierde in die A-liga.  Vier van ons dogters is deur na die finale Limpopo proewe.

Seunskrieket:

Die 0/15A en eerstespan speel beide in die Limpopo finaal.  Die 0/15B’s is sover onoorwonne en speel in die semifinaal vir Limpopo.  Negentien van PHS se seuns is deur na die finale Limpopo proewe in Oktober 2016. 

Luggeweerskiet:

Daar is met groot welslae aan ‘n verskeidenheid van kompetisies deelgeneem.  PHS vestig homself as die toonaangewende

Luggeweerskietskool in Limpopo.  Ses skuts verwerf Limpopo kleure.

 Muurbal:

Vir die eerste keer bestaan PHS se eerste span uit drie dogters en drie seuns.  Die span eindig sewende tydens die Tuksreeks.

Netbal:

PHS netbal verwerf vanjaar twee medaljes by die Tuksreeks: die eerstespan brons en die 0/17A-span silwer.  Tydens die AHMP Prestige toernooi verower die eerstespan silwer medaljes. Adel Cato is verkies tot die SA 0/18 uitnodigingspan. Die eerstespan wen vanjaar weer die FNB Classic Clash trofee.

Rugby:

PHS behaal algeheel ‘n dertiende plek in die Tuksskole reeks.  Tydens die Beeldtrofee haal ons eerstespan die kwarteindrondte en ons 0/15A-span die halfeindrondte.  Drie van ons spanne tree uit as Limpopo wenners.  0/14A, 0/14B en 0/15B.  Vyftien spelers verteenwoordig die provinsie by die verskillende provinsiale weke.

Ruiterkuns:

PHS se span neem deel aan vier skoleskoue deur die jaar, waartydens almal uitstekend vaar.   Nege ruiters word verkies tot die Limpopo span.

Swem:

Sewe van PHS se swemmers neem aan die SA skole  kampioenskappe deel.  Sulé van der Merwe verower vier individuele goue medaljes en is as Senior Victrix Lodurum aangewys.  Ude Fuchs verower drie goue medaljes en is as die swemmer met die beste individuele prestasie aangewys.  Ivan Beukes:  een goud, een silwer en een brons en  Antoinette Fuchs een brons.

Tennis:

PHS behaal ‘n algehele negende plek tydens die Tuksreeks.  Tydens die liga eindig al vier die seunsspanne as ligawenners en drie dogterspanne tree as ligawenners uit. PHS lewer sewe provinsiale spelers op.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*