In Junie vanjaar het ons die welbekende PHS-koerant, die Piet-my-Vrou, afgestof en sy vere weer bietjie reggeskud. Hierdie groep leerders het tussen al die ander verpligtinge nog tyd ingeruim om artikels te skryf vir die digitale koerant wat tans elke kwartaal verskyn.