•  
  •  

Koor

PHS spog graag met ons meisieskoor, bestaande uit sowat 60 lede, wat in 2013, onder leiding van me Rita Erasmus, gestig is. Optredes begin by die jaarlikse prysuitdeling, ‘n koorkamp in Februarie, ‘n openingskonsert en ATKV-Applous in Mei, waar hulle nog elke jaar goud verwerf en genooi is om aan die Tswane Youth Festival in die Staatsteater te gaan deelneem.

Die koor bereik egter in 2016 ‘n groot hoogtepunt, toe hulle na die ATKV Applous-finaal in Stellenbosch genooi is. Hulle eindig algeheel 8ste in hul afdeling in Suid-Afrika. ‘n Finominale prestasie as in gedagte gehou word dat die koor slegs drie jaar oud was.