•  
  •  

Amika

PHS het vir die eerste keer in sy bestaan ‘n sanggroep begin onder leiding van Madelein van der Kevie. Die groep bestaan uit dertien leerders wat acapella sing. In 2014 neem hulle deel aan die Bosveldkunstefees waar hulle ‘n A+++ behaal het. In dieselfde jaar neem hulle ook aan die SATCH-kompetisie deel, waar hulle as die nasionale wenner aangewys is.

2015 skop ewe goed af met hul deelname aan die ATKV-kompetisie, waar hulle so goed vaar dat hulle na die finale rondte genooi is. In 2016 vaar hulle ook uitstekend by die ATKV-kompetisie.