•  
  •  

Kultuur

Soos met al ons ander aktiwiteite, gaan ons ook groot op die kultuurverhoog.

Daarvan getuig ons dogterskoor, ons sêrrie-groep, Amika, ons jaarlikse toneeldeelnames, en natuurlik individuele redenaars, spanredenaars en Radikale Redenaars. Met al hierdie kultuuraktiwiteite neem ons aan die ATKV-komptisies deel.

Ons bied elke twee jaar ‘n revue van hoogstaande gehalte aan. Die oudisies en daaropvolgende klankopnames word in ‘n professionele klankateljee gedoen, waarna ‘n professionele choreograaf die dans-oudisies en -afrigting doen.

In die alternatiewe jaar bied ons leerders hul eie dansproduksie aan, gekombineer met “Pietie’s got talent”.