Algemene Inligting
- Die eerste klok lui daagliks om 07:10. Die hekke word om 07:15 gesluit en die enigste toegang vir laatkommers of besoekers is by die sekuriteit, by die hoofhek in Dorpstraat.
- PHS volg ‘n 6-dagsiklusrooster, wat bestaan uit ‘n registerperiode, 8 akademiese periodes met een pouse.
- Elke Maandag en Vrydag kom die skool in die vierkant bymekaar vir opening. (Nie tans onder Covid-regulasies nie)
- Ouers word versoek om leerders op die volgende plekke op- en af te laai:
- Gr 8: Jukskeibane se hek in Woltemadestraat
- 9: Teerblad in Dorpstraat
- 10: Teerblad in Dorpstraat
- 11: VIP parkeerarea in Dorpstraat
- 12: Enige van die bogenoemde terreine.
NEEM KENNIS:
- Ouers moet asb nie inry by die hoofhek en binne parkeer om u kind op- of af te laai nie.
- Ouers moet asb ook nie binne die verkeersirkel stop om hulle kind op – of af te laai nie.
- Reëlings ten opsigte van afwesighede in skool ure:
-
- Indien ouers ‘n afspraak maak vir hul kind in skool ure, moet u per brief toestemming vra by die spesifieke graadvoog.
- Die leerder moet ‘n pienkbrief in registerperiode gaan haal by die graadvoog.
- Die leerder moet handtekeninge van personeel kry vir al die periodes wat hy/sy afwesig gaan wees.
- Die ouer meld by ontvangs aan en die ontvangsdame sal u kind dan laat roep.
- Die ontvangsdame teken die pienkbrief aan in ‘n register en plaas ‘n stempel op die brief.
- Die pienkbrief word dan by die sekuriteitswag by die hoofhek ingegee.
- Die sekuriteit sal GEEN leerder die terrein laat verlaat sonder ‘n pienkbrief met al die nodige handtekeninge en stempel nie.
- Neem asb kennis dat die aantal periodes aan die einde van die jaar verreken word en ‘n kind dan een dag afwesig is, vir elke agt periodes wat hy/sy nie by die skool was nie.
- Die skool sluit om 12:00 op elke laaste dag van die kwartaal.
Volledige inligting rakende die skool se werksaamhede is ook op die D6 Communicator beskikbaar.